Hier is ons email as jy wil kontak maak: Apluslewe@absamail.co.za

 

Vanuit jarelange spreekkamer werk, is algemene tendense en problematiek waarmee mense worstel, deur Charl geïdentifiseer en is ‘n unieke Seminaar reeks ontwikkel met die titel, WAAG OM TE WORD! Hierdie seminaar sowel as ‘n verskeidenheid van ander Seminare en Kampe word deur Charl landswyd in gemeentes aangebied.

‘n Klein seuntjie het eendag ‘n eier in die veld opgetel. Hy het dit vir sy pappa gevat en gevra watter soort voël se eier dit was. Sy pappa het gesê dat hy nie weet nie maar dat hulle die eier onder ‘n hoender wat broei moes insit. Hulle het toe die eier onder ‘n broeis hoenderhen ingesit en tot hul grootste verbasing het daar toe ‘n arendjie uitgebroei. Duidelik was hy nie vreeslik tuis in die hoenderhok nie en gou het hy agtergekom dat hy op ‘n ander plek hoort.

Tydens hierdie WAAG OM TE WORD seminare en kampe kry mense die geleentheid om die wonderlikste mens op aarde van naderby te leer ken – hulself! BAIE mense het hulself en ’n klomp ander wonderlike dinge langs die lewenspad verloor. Onder andere het hulle daardie huppel uit hul stap en die vonkel uit die oog verloor en het die lewe in so ‘n saai geskarrel ontaard. Omtrent soos ’n hond wat sy eie stert jaag. Tydens hierdie seminare/kampe word mense gehelp om vir ‘n slag so ’n bietjie uit hulself en die “rat race” te klim en om dan weer deur God se oë na hulself te kyk. Die fundamentele onderbou van hierdie reeks is, voordat ‘n mens nie lekker lepel met jouself kan lê nie is dit amper onmoontlik om met enigiemand anders lekker lepel te kan lê.

Buiten die WAAG OM TE WORD seminare/kampe bied Charl ook ‘n wye reeks van gespesialiseerde kampe aan volgens die behoeftes van gemeentes. Kampe soos, Gemeentekampe, Mannekampe, Vrouekampe, Jeugkampe, Belydenisklas-kampe, Enkellopende-kampe, Avontuurkampe, pa-seunkampe ens. is al landswyd deur Charl aangebied. Die heel modernste tegnologiese hulpmiddels word aangewend om van hierdie kampe ‘n onvergeetlike belewenis te maak. Kontak Charl gerus vir meer besonderhede.

Nou wonder seker wat word by hierdie kampe gedoen? Wel, jy gaan vir ‘n slag die geleentheid kry om die wonderlikste mens op aarde van naderby te leer ken - hierdie mens is JY! BAIE van ons het onsself en ’n klomp ander wonderlike dinge langs die lewenspad verloor. Onder andere het ons daardie huppel uit ons hop verloor en die lewe het in so ‘n saai geskarrel ontaard. Omtrent soos ’n hond wat sy eie stert jaag. So, ons gaan jou help om vir ‘n slag so ’n bietjie uit jouself en die “rat race” te klim en om dan weer deur God se oë na jouself te kyk. Jy sien dit is nodig, want voordat ‘n mens nie lekker lepel met jouself is dit amper onmoontlik om met jou familie en ander mense oor die weg te kan kom.

Elkeen van ons wil net die heel beste vir ons geliefdes gee en wees, net om elke nou en dan weer so ‘n groot ou blaps te maak. Om dit te kan doen moet ek by myself begin. Ek moet eers die man/vrou word wat God wil hê ek moet wees, dan word ek outomaties die pa/ma wat my kind, die man/vrou wat my eggenoot wil hê ek moet wees. Daarom gaan jy heel eerste met jouself besig raak, en jy hoef nie bekommerd te wees dat dit nou ’n biegery, huilery ensovoorts gaan wees nie. Jy kan ontspan. Niemand gaan jou moeilike vrae vra nie, jy gaan nie in klein groepe verdeel nie, jy hoef heel naweek niks te sê as jy nie wil nie! Al wat ons graag sal wil hê is dat jy eerlik met jouself sal raak en dan vertrou ons dat God self jou sal oortuig van ‘n klomp dinge soos wat net Hy dit kan doen.

So in ‘n neutedop gaan ons oor die volgende dinge gesels. Wie is ek? Hoekom is ek mens? Hoe is ek gemaak? Hoekom is ek soos wat ek is? Wat maak my ‘tiek’? Waarheen is ek op pad? Hoe kan ek kom waar ek moet wees? Wat maak dat ek nie kan vorder nie? Wat is God se plan en doel vir my lewe?

Omdat nie een van ons al die antwoorde op al die lewensvrae het nie, gaan jy ook die geleentheid kry om daardie vrae wat pla vir mense te vra wat vir jou lekker praktiese raad gaan gee! Heel belangrikste is dat al hierdie sake op ‘n manier aangespreek gaan word wat jy SAL VERSTAAN en wat jy verseker BAIE gaan GENIET!  So, jy moet asseblief nie jou lagspiere by die huis laat lê nie want lekker lag is deel van die fees van Christenwees.

“’N KAMP WAT VERSKIL MAAK TUSSEN ‘N LEWE VAN PLOETER EN PASSIE!”


Kom klim uit jou mensmasjien en kom sien dat jy veel ouliker, beter en mooier is as wat jy ooit kon dink. Eers wanneer jy lekker lepel kan lê met jouself sal jy lekker lepel kan lê met ander.

 

 


~ Webwerf word bygewerk deur "The4G's" ~
Indien u enige probleme ondervind, kontak die Webmanin