![]() |
|
|
|
‘Bekende aanbieder van “Nuwe Wyn” (Radio Kansel Beradings program)
Baie gesogte en gewilde Motivering spreker, Sanger en Liedjieskrywer
Baie suksesvolle Pastorale Berader
Skrywer en Prediker.
Charl tree in die Koporatiewe węreld, kerke, skole, ens. op as motivering spreker. Hy kombineer kennis wat uit jare se lewensondervinding en kundigheid opgebou is, met skitterende musiek en fantastiese humor, om op die mees effektiewe wyse mense te begelei om te “commit” vir die ontdekkingstog van die lewensreis.
Hy is ‘n baie begaafde en briljante prediker. Met Woord en Lied word die evangelie op ‘n aangrypende en dinamiese manier aangebied. Hy tree landswyd in gemeentes op en bied elke jaar verskeie Pinkster en ander reekse aan in gemeentes.
Hy bedryf vir die afgelope 11 jaar ‘n uiters suksesvolle Pastorale spreekkamer. Hy volg ‘n holistiese terapeutiese aanslag waar menswees problematiek op Liggaam, Siel en Gees dimensie aangespreek word. Huweliksprobleme, Afhanklikheid, Persoonlikheids afwykings, Tiener probleme, Trauma Ontlonting, Okkultiese betrokkenheid en baie meer gevalle is al deur hom onder leiding van die Gees suksesvol hanteer.
Hy is ‘n gesogte kunstenaar met 4 CD’s wat reeds die lig gesien het.
MAAR …?
WIE is Charl Botha en WAT maak dat hy so gewild is? Om uit te vind WIE hy is, kan jy op sy CV se knoppie hieronder kliek.
“Charl is “real” en het ‘n aansteeklike passie vir die lewe!” word deur iemand geskryf in ‘n evaluasie van een van Charl se optredes. Wat maak hom “real”? Soos hy altyd op Nuwe Wyn gesę het, “elkeen van ons wat vandag lewe het drie dinge in gemeen; 1. Almal van ons se koppe raas! 2. Almal van ons het duike! 3. Almal van ons het krukke!” Soos hy ook altyd spottenderwys van homself sę; “my jare is nie so hoog nie maar my myle wel!”
Buiten baie goeie akademiese opleiding en sy pragtige, joviale persoonlikheid is Charl ook iemand wat al die lewe geleef en die seer van die lewe aan sy eie lyf gevoel het. Hy en sy gesin moes deur dinge veg soos onder andere; ‘n Hartaanval op 30 jarige ouderdom (Charl), Kanker en miskraam (Sy vrou), 3-vat hartomleiding met hartstilstand na komplikasies (Charl), Bankkrotskap, Verskeie verhuisings, In geloof uit die hand van die Here leef, ‘n Verdere hartaanval (Charl) en vele meer. Soos Charl altyd sę; “Dis maklik om te glo so lank as wat dit goed gaan. Dis egter ‘n perd van ‘n ander kleur as die seer voor jou deur kom parkeer!” Dit alles maak dat Charl padlangs vanuit sy eie lewensondervinding op ‘n verstaanbare en aktuele manier oor die seer en stoei van die lewe kan gesels en met mense in seer kan identifiseer. Verder bied hy oplossings aan, op die vrae van die lewe, wat gebore is uit sy eie stoei met God en die lewe, wat iets heeeltemal anders is as boeke- en Bybelkennis.
Hierdie lewensondervinding kom ook baie duidelik na vore in Charl se Motiverings optredes asook in die musiek wat deur hom gekomponeer is. Dit is hart-musiek wat veel meer is as net gewone lekker-luister, doef-doef musiek. Dit is musiek wat mense se harte aanraak en jou vlerke gee. Inderdaad is dit so dat jy met die meeste gesag oor iets kan praat as jy self daardeur geworstel het. As sodanig is daar baie min mense wat met Charl ten opsigte van lewensondervinding kan saampraat. As diamant in die Vader se hand, het hy onder die slypsteen van die lewe, aan die ander kant uitgekom as ‘n Kroonjuweel, tot eer van God en tot seën van duisende mense. Soos Paulus moes hy ook leer dat God se krag juis in ons swakheid volbring word en dat ons op ons sterkste is wanneer ons eindlik in onsself swak is.
Sy wonderlike vermoeë om mense te boei met sy kennis en lewenswysheid, sy uiters gepaste en skitterende humor tesame met musiek wat daarby aansluit en die harte van mense aangryp, maak van Charl Botha ‘n belewenis en “blessing” wat jy nie mag mis nie.
+ 27 11 7609086 - Charl Botha
|